Die doelstelling van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO) is die bevordering van volhoubare Afrikaanse onderwys deur finansiële ondersteuning aan effektiewe vennootskappe of die inisiëring van toepaslike Suid-Afrikaanse projekte in die onderwys.
Oor ons
Die Dagbreek Trust het in 2014 die Trust vir Afrikaanse Onderwys as ‘n openbare weldaadsorganisasie (OWO) opgerig om Afrikaanse onderwys te ondersteun. Sedert registrasie van die TAO in Julie 2015 funksioneer die twee trusts onafhanklik van mekaar, hoewel die trusts sekere administratiewe dienste deel. Vyf trustees van Dagbreek Trust dien tans op die raad van trustees van die TAO.
TAO se registrasienommer: IT 022982/2014(G)