Flip Buys

Flip Buys

Trustee

Oorsigtelike CV

Flip het in 1988 ’n graad in Kommunikasiekunde aan die voormalige Potchefstroomse Universiteit verwerf met staatsleer as ander hoofvak. In 1992 het hy ’n honneursgraad in arbeidsverhoudinge aan die RAU behaal. Hy was lid van PUK se Studenteraad, voorsitter van die Skaakklub, ondervoorsitter van die Sendingdiensorganisasie Hulpprojek en redakteur van die meningtydskrif Perspektief. Hy het ook later kursusse in politieke ekonomie by Wits en projekbestuur by die NWU voltooi.

Flip is uitvoerende voorsitter van die Solidariteit Beweging, wat uit ʼn “familie” van 25 organisasies bestaan en wat meer as 500 000 gesinne verteenwoordig. Hy is voorsitter van Solidariteit Helpende Hand, en dien in die direksies van die FAK, Pretoria FM, AfriForum, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy en Kanton Eiendomme, en was in die verlede ook ’n direkteur van verskeie ander ondernemings, trusts en gemeenskapsorganisasies. Flip het vir sowat 10 jaar gedien as raadslid van die Noordwes-Universiteit, en was ’n stigterslid van die Rapport Onderwysfonds. Hy is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en was lid van FNB Kommersieel se Adviesraad vir Gauteng-Noord. Flip is getroud met Melanie, ’n onderwysspesialis. Hulle het vier kinders en woon in Pretoria.