Pierre Edwards

Pierre Edwards

Trustee

Oorsigtelike CV

Pierre Edwards het in 1974 ‘n BA-graad met Wiskunde en Geskiedenis as hoofvakke en in 1975 ‘n Honneurs-graad in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria verwerf. In 1989 verwerf hy ‘n D.Phil-graad in Geskiedenis aan die Vrystaatse Universiteit.

Na drie jaar as junior UP-dosent in geskiedenis was hy sedert 1979 tot met sy aftrede in 2018 as onderwyser en later skoolhoof aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria verbonde.

Pierre is lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en sedert 2016 lid van die Trust vir Afrikaanse Onderwys.

Hy woon lewenslank in Pretoria en is met Aryna getroud. Hulle het twee dogters en twee kleinkinders.